15 April 2016

Pikante slaaie vir n bosveldvuur saam Hartsmense


Soos wat elke naweek nader kom weet ek ons braai en kuier saam met Hartsmense 90% van die tyd om n lekker bosveld vuurjie n Vleisie op die kole en die beste van geselskap ,lag en stories deel!Ons vrouens wat gesels en kos maak in die kombuis met n lekker wyntjie terwyl die manne buite oor die kole gesels....dan weet jy jou aand het begin en jy gaan jouself in n mik eet...en lekker kuier! Hulle se nie verniet lewe terwyl jy jonk is nie so geniet elke oomblik.(gelukkig bly ons almal jonk in hart!)


Elke vrydag sal ek 2 Pikante slaaie opsit wat lekker werk by ons Kuiertjies!


Pynappel/Komkommerslaai


1 x blik gesnipperde pynappel
2 Middelslag komkommers(geskil en in dun skywe gesny)

SOUS

250ml Room
2 tl Heuning
2tl Suurlemoenskil gerasper
5ml Swart peper

*meng al die sous se bestandele saam tot glad en voeg by komkommer en pynappel!
 Jy kan die slaai ook gebruik as jy wil fancy wees by enige geleenteid of braai*




2.Gevrieste Erkie slaai 
(Louise Maidment)

1kg gevrieste erkies

SOUS
500ml plain jogurt (dubble cream)
vars kruie of robertsons se mix herb spice.
2 Etl Knoffel vars of gekoopte botteltjie/bakkie
n knippie sout en pepper !

Voeg die sous bo oor die gevries te erkies voor jy na n braai toe  gaan en vat dit so saam by die tyd wat die vleis reg is is jou slaai perfek en reg vir n fees maal!!

*Vir die Dames wat so bietjie iets ekstra wil byvoeg*
Jy kan om die slaai nog intressanter te maak gebakte spek stukkies, feta kaas ,gewone blokkies chedder kaas en Avo ook insit en vir die wat so bietjie Edge soek  gooi n geblikte stukkies perske of pynapple by die sous kan jy mayo by voeg. 

ERKIE Slaai was my ma se gunselling
bykos was sy by n braai gemaak het
die mense is GEK daaroor !! 












No comments: