My 2 top slaaie vir Die Naweek
Ons almal moet seker so nou en dan kroek so hier is daai twee stysel slaaie wat so lekker is om sonder hulle n braai te hou los klink net nie reg nie !!
6 Medium aartappels
1 koppie suurroom
½ koppie mayonnaise
1 pakkie spek, gekap en bros gebraai
4 hardgekookte eiers – grof gekap as gaar is
1 klein ui – gekap
Spruituie – gekap
1 en ½ koppie gerasperde kaas (meng indien kan 2 kleure bv wit en geel cheddar - dit gee mooi kleur)
Sout en peper na smaak
Skil en kook die aartappels en sny in blokkies (laat afkoel)
Meng die suurroom, mayonnaise sout, peper, ui en spruituie
Meng die aartappels, eiers en die helfte van die spek in by die sous
Skep in opdienbak.
Gooi die gerasperde kaas en ander helte van die spek oor en bedien
Maak die gewone kerrienoedelslaai, bietjie ekstra uie, groen, geel en rooi peppers. Gooi 1 blikkie BAKED BEANS MET TAMATIESOUS in, en sny so 6 gerookte weense worsies in ringetjies en meng deur. Jy kan ook gesnipperde spek – brosgebraai gebruik ipv die viennas
My skoonma Patrica Kruger se
Kerrie Noedelslaai
Kerrie Noedelslaai
500 gr klein skulpienoedels (sag gekook)
1 gemeng green/yellow/red pepper (gekap)
1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.
1 gemeng green/yellow/red pepper (gekap)
1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.
Kerrie noedelslaai met pynappel en gerasperde wortels
500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook) 1 green/yellow/red pepper gekap 1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous, 1/2 kop asyn, 1 blikkie pynappel in stukkies gesny, 1/2 kop olie, 200ml suiker, 25ml kerrie, 1 wortel grof gerasper, sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.
Volgende week werk ons weer daai stysel af!
Lekker naweek almal!!
Lekker naweek almal!!
No comments:
Post a Comment