22 April 2016

Die Kirper expres wil dam toe!!


"Kry die vistokke reg,hak die kirper express,laai die viskas,pak n boatpack. Onthou om vir erties te krap pak die koeler met al ons tweetjies se ververssings met ys in" so gaan die lysie op n vrydag in die Krugers se huis as hulle tuis is vir die naweek!



Ek weet nou al as dit 5 uur slaan op n frydag middag en als is reg op die plaas dan is daar geen keer aan die kirper expres nie ...hy hak hom sommer self aan die bakkie hy wil dam toe!!*

Wie kan nou nee se vir n vinnige visvang trip saam die Liefde van jou lewe,die stilte van die water n tan op die boot en die krokedille  ,seekoeie wat jy sien en hoor in die agtergrond!

 Die Naweek vang ons bietjie in die Borderdam vis hier op die Limpopo

As jy meer oor die dam wil uitvind Like my FacebookBladsy!!!Boersehartsvrou

*INBOX MY DAAR*ek gee graag inligting deur en of die dam in daai tyd oop is vir die publiek.




n visserman Paradys


*




My 2 top slaaie vir die naweek*

My 2 top slaaie vir Die Naweek

Ons almal moet seker so nou en dan kroek so hier is daai twee stysel slaaie wat so lekker is om sonder hulle n braai te hou los klink net nie reg nie !!

AARTAPPELSLAAI

6 Medium aartappels
1 koppie suurroom
½ koppie mayonnaise
1 pakkie spek, gekap en bros gebraai
4 hardgekookte eiers – grof gekap as gaar is
1 klein ui – gekap
Spruituie – gekap
1 en ½ koppie gerasperde kaas (meng indien kan 2 kleure bv wit en geel cheddar - dit gee mooi kleur)
Sout en peper na smaak


Skil en kook die aartappels en sny in blokkies (laat afkoel)
Meng die suurroom, mayonnaise sout, peper, ui en spruituie
Meng die aartappels, eiers en die helfte van die spek in by die sous
Skep in opdienbak.
Gooi die gerasperde kaas en ander helte van die spek oor en bedien


Picture


Maak die gewone kerrienoedelslaai, bietjie ekstra uie, groen, geel en rooi peppers. Gooi 1 blikkie BAKED BEANS MET TAMATIESOUS in, en sny so 6 gerookte weense worsies in ringetjies en meng deur. Jy kan ook gesnipperde spek – brosgebraai gebruik ipv die viennas


 My skoonma Patrica Kruger se
 Kerrie Noedelslaai
500 gr klein skulpienoedels (sag gekook)
1 gemeng green/yellow/red pepper (gekap)
1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.




 Kerrie noedelslaai met pynappel en gerasperde wortels
500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook) 1 green/yellow/red pepper gekap 1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous,  1/2 kop asyn,  1 blikkie pynappel in stukkies gesny,  1/2 kop olie,  200ml suiker, 25ml kerrie,  1 wortel grof gerasper,  sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.
noedelslaai rensfb
Kerrie Noedelslaai

Volgende week werk ons weer daai stysel af!


Lekker naweek almal!!



18 April 2016

Kom ons brand daai vette Dames wys vir Maandag wie is BAAS!


Die blou maandag ontbyt

Op die plaas gaan dit reedlik dol op n maandag so ontbyt skyf wanneer ons n kaansie kry ! Ek het laasweek vrydag geweeg en het net 1.5kg verloor was amper n trane dal maar dis darm iets en jah ek en manlief het gekroek die naweek dit was slakke, prawns en snoek ete saterdag met die lekkerste sousse en ons hartsmense !!!
so the fitness marshall en tim noaks gaan nou weer oor tyd werk die week!

WOOPIE BREKKIE

5 marrows
1tamatie
1/2ui
Gebraai in regte botter of olyf olie met n bietjie suurlemoen sout en pepper

In n pan braai :
Soos julle daarvan hou:
1 eier vir jou
2 vir manlief

Dien op.... Eers die eiers dan die marrow tamatie en uie. Dan
2 snytjies koue vleis(Ham)bo op met n 1/2 koppie kaas bo op gesmelt!

As jy te hastig is deel die bestandele in 2 koppies meg jou eiers en gooi bo por rasper kaas gooi bo oor knippie sout en pe sit in die mikrogolf oond vir tussen 2 en 3 min en voila !
1wenk is rasper jou ui en marrow en sny jou tamatie in blokkies*

N lekker woopie brekkie alweer sonder stysel!








V

Perfekte geskenk vir jou man!

Wel dames as jy n man het wat ook mal is oor jag en nes myne lei aan PIETSKIET sendroom dan is n Herlaai stel net die regte ding vir hom!! Maak net seker sy man cave is gereed vir die tipe delikate toerusting! Ja n Herlaai stel!

Ek het laas jaar vir kersfees vir my man n entry level Herlaai stel gekoop.
Hy was heel plat geslaan en het nooit gedink ek so die regte ding kies nie,geluk is google n yster van n masjien! 
Party vrouens daar buite gaan dink dis n Mal idee om vir jou man n herlaai stel te koop want kom ons wees gou eerlik dis soos n nuwe geweer wat op elke manier moet getoets word en om dit te doen het jy tyd nodig en om tyd nodig te he moet jy bietjie tyd afstaan aan vrou en kinder en om dit te doen maak vir mama benoud soos n boomslag in paartyd!

Maar moet nie so daarna kyk nie sien dit as n uitdaging om iets nuuts saam jou man te leer doen want dit gaan iets wees wat hy baie geniet al vryf jy net sy doppe skoon as dit uit die tumbler uit kom dit beteken kla baie *

EK sit binnekort ons fotos op hoe ons 2 saam herlaai omdat ek self jag saam my man geniet ek dit baie om by hom te sit en hier en daar n klein dingetjie te doen saam hom dit is n groot proses en harde werk maar die moeite werd! Ons kan vir ure in die herlaai kamer sit en nie n woord vir mekaar se nie die samesyn is meer as genoeg en dit voel asof ons mekaar se gedagte kan lees.

Bonus - Elke kersfees koop jy net vir hom n ekstra dingetjie by wat sy werk gaan makliker maak of jy kan vir hom n geskenk kaart gee en vir hom se hy kan sy eie punte gaan kies !

Jy kan selfs vir hom n geskenk kaart gee om sy eie herlaai stel te gaan koop*
Add caption


*enige vra is welkom*


15 April 2016

Beplan Julle eetplan Weekliks!

Goeie More almal!
Hier is n paar wenke vir die dames wat pas getroud is of elke Aand wonder wat hulle moet maak vir ete.


  • NB!!Maak n lys van wat in jou yskas ,vrieskas en koskas is!
  • Beplan jou week voor uit al is jy hoe besig.
  • PROBEER JOU BES OM STYSEL UIT TE SNY 
  • As jy moet los die stysel vir die naweek.....want wie kan nou braai sonder pap en sous...Artappelslaai en n lekker Braai broodjie!!!
  • Moet nie jouself oor eet dat die honde skoon skaam kry nie! stop as jy versadig is al is jy hoe Lus!!!


Om te beplan gaan dit net makliker maak om gesonder te eet....kom ons wees eerlik dit is maklik om n broodjie of n bun gou in jou aand ete in te werk...veral as jy n harde dag gehaad het ! Hier onder aan is n basiese lekker voorbeeld wat jy kan maak en in jou kombuis kan opsit wat beplanning aanbetref!!

My en Manlief se eetplan sal ek binnekort op sit* Dis volgens Tim Noak's se riglyne en Ja ek het wragtig in my eerste week 3kg verloor!! Hou my BLOG dop!!



Gewone canvas oorgetrek in geskenkpapier met
 n kartonboksie wat ook self gemaak is
die res is net print werk en skryf werk.

Vrydag sweet die week uit!!!

Ja Dames dit is weer amper daaityd van die dag vir my FITNESS MARSHALL Oefening!
Hy sal enige liedjie wat jy nie van hou nie gougou verander in n Gunstelling!




Pikante slaaie vir n bosveldvuur saam Hartsmense


Soos wat elke naweek nader kom weet ek ons braai en kuier saam met Hartsmense 90% van die tyd om n lekker bosveld vuurjie n Vleisie op die kole en die beste van geselskap ,lag en stories deel!Ons vrouens wat gesels en kos maak in die kombuis met n lekker wyntjie terwyl die manne buite oor die kole gesels....dan weet jy jou aand het begin en jy gaan jouself in n mik eet...en lekker kuier! Hulle se nie verniet lewe terwyl jy jonk is nie so geniet elke oomblik.(gelukkig bly ons almal jonk in hart!)


Elke vrydag sal ek 2 Pikante slaaie opsit wat lekker werk by ons Kuiertjies!


Pynappel/Komkommerslaai


1 x blik gesnipperde pynappel
2 Middelslag komkommers(geskil en in dun skywe gesny)

SOUS

250ml Room
2 tl Heuning
2tl Suurlemoenskil gerasper
5ml Swart peper

*meng al die sous se bestandele saam tot glad en voeg by komkommer en pynappel!
 Jy kan die slaai ook gebruik as jy wil fancy wees by enige geleenteid of braai*




2.Gevrieste Erkie slaai 
(Louise Maidment)

1kg gevrieste erkies

SOUS
500ml plain jogurt (dubble cream)
vars kruie of robertsons se mix herb spice.
2 Etl Knoffel vars of gekoopte botteltjie/bakkie
n knippie sout en pepper !

Voeg die sous bo oor die gevries te erkies voor jy na n braai toe  gaan en vat dit so saam by die tyd wat die vleis reg is is jou slaai perfek en reg vir n fees maal!!

*Vir die Dames wat so bietjie iets ekstra wil byvoeg*
Jy kan om die slaai nog intressanter te maak gebakte spek stukkies, feta kaas ,gewone blokkies chedder kaas en Avo ook insit en vir die wat so bietjie Edge soek  gooi n geblikte stukkies perske of pynapple by die sous kan jy mayo by voeg. 

ERKIE Slaai was my ma se gunselling
bykos was sy by n braai gemaak het
die mense is GEK daaroor !! 












14 April 2016

Kom ons oefen saam Die Fitness Marshall Vandag!!


Dames hierdie is vir julle wat nog krag wil insit en wys julle kan nog .....kyk As n mens net elke dag so vol passie kan wees as dit kom by n oefen sessie !#ThefitnessMarshall sal jou wys! 


Ontbyt sonder stysel

My vinnige brekkie vir jou en manlief

Jy benodig 4 eiers,1 avo,1K gerasperde Kaas,1tamatie vleis van jou keuse

Braai 4 eiers in springbok botter,ghee of olyf olie sunsideup! Of dood gaar soos julle daarvan hou*

Deel en sit voor op borde.

Bo op:(halveer bestandele)
Repies avo
Kaas
Gebraaide tamatie wiele
Gebraaide uie en mashrooms(optioneel)
Keuse van jou vleis
Kaas of roomkaas


Sout en pepper (lekker eet !!)


Basiese Idee Kort nog Kaas ens.












Body Sugaring VS Wax!!!

 
 Enige Vrae is Meer as welkom
al wat vout is met die video is die manier waarop hulle die Sugaring op sit is nie die regte metode nie!