Almal van ons weet hoe moeilik is dit om gemotiveerd te bly om elke dag jou 100% te gee om te oefen of net n enkie te gaan stap! daar is altyd verskonings!!
Ek weet ek is een van hulle jys net reg om jou lewenstyl aantepas en bietjie aan die gesonderkant te lewe ...dan kry jy kuier mense of verjaarsdae of selfs al gaan kuier jy! n wyntjie of twee...n branewyntjie of 6 .....daar is alles in sy moer!
So ek gaan my self nou challenge vir 30 dae van beter eet tot oefening maar dames ek gaan dit nie alleen reg kry nie ek wil graag he JY wat hier nou lees moet saam my die challenge aanvaar !!
Dis hoe dit gaan werk van die 1 Julie af gaan vat ons dit dag vir dag !
Ons sal n whatsapp groep stig met almal wat graag wil deelneem!
Al wat jy nodig het is n app wat jou tree tel wat n mens maklik op jou foon kan aflaai
die app se naam is Steps of as jy al reeds so meter op jou foon het is jy uitgesorteer!
ek gaan elke dag op die groep presies se wat gedoen moet word en om seker te maak daar is ondersteuning moet iemand jou afneem terwyl jy hierdie oefening uit oefen ja jyt reg gelees!
Elke dag gaan net 20 min van jou tyd vat en as ons gaan stap gaan dit tenmenste n uur van jou tyd vat dan stap ons net gou 2.14km en dis waar jou app gaan inkom jy gaan dan sien jyt 3008 tree gegee vir daai 2.14 km !!
Jy kan dan alles deel met met die groep op whatsapp met net een kliek !
Ons sal ook vra dat jy n voor en na foto van jou self neem sodat jy op die ou einde kan sien of jy n verskil kan agter kom !
As jy hou van die idee en graag deel daarvan wil wees inbox my op facebook of los n comment!
JY HET NIKS OM TE VERLOOR NIE!! EN DIT GAAN JOU NIKS KOS NIE!!!