BoerSeHartsvrou BIED aan :
Fishing Competition!!!
Please click on link all the info is on the advert please contact Basil for your place in the tournament!!
https://www.facebook.com/events/324988937855361/?ti=icl fishing
Potjiekos Competition!!!
Please click on the link for entry and info
https://www.facebook.com/events/1110751219021873/?ti=icl Potjiekos
Fun Run
Please click on the link for more info on the event
https://www.facebook.com/events/1364643910242731/?ti=icl Fun Run
Kom geniet die Dag saam BoerSeHartsvrou in die hartjie van die Limpopo Rivier!! By ons Maswiri Border Dam die 17 Desember!!! Jou duim vas vir reën want jy mag fall net sien hoe kom die Limpopo rivier af!
Kom kyk ook Na ons oorbel reeks!!! By ons BoerSeHartsvrou stalletjie
!!!!
24 October 2016
19 September 2016
Lekker vinnige slaai wat n boer ook sal eet soos jou ma en skoonma jou geleer het!
Lekker Vinnige Slaaie Wat n Boer ook sal eet..
....HY sal natuurlik sien dit is nie net vir n bok bedoel nie! maar vir hom ook!
Soms dink ek trug aan my kinder dae en my ma se lekker Mengelmoese wat sy altyd ingegooi het wat n gewone slaai ekstra ongewoon en smul lekker gemaak het.n Mens hou van bietjie verandering
n bietjie meer smaak &
N lekker kombinasie! !
Kyk MY Moeder sien in alles kreatiwiteid dis wie sy is dis hoe sy haarself uitbeeld en ek kyk nogsteeds elke dag op na haar MY MA KAN !
Soos wat ons ouer word besef mens jou ma was al die Jare jou insperasie om n lewenslus te kry om kos te maak en altyd alles nuuts te probeer.
Later in jou lewe kry jy n ekstra ma by jou skoonma En sy leer jou waarvan haar seun die meeste sal hou en dan gooi jy al jou kennis saam en ontdek nuwe slaaie maak nuwe kombinasies wat jy graag wil oordra eendag aan jou kinder!
Hier is n paar kombinasies wat ek verseker aan my kinders wil oordra eendag.
Hoof bestandeel......Probeer met en die sousie kolom...
Blaarslaai
|
Gemengde saaitjies,Spinasie,spring onion en wortol
|
Vinaigrette
|
Tamaties
|
Vars basil,avos an mozzarella
|
Vinaigrette
|
Gerasperde Wortol
|
Lemoen segmente,Appel,roesyntjies
|
Lemoen Sousie
|
Artappel
|
Spring onion,vars kruie,seldery
|
Vinaigrette of Mayonnaise
|
Rooi Kool
|
Gerasperde wortol,appel,uie
|
Mayonnaise
|
Appel
|
Seldery,neute
|
Mayonnaise
|
Peer
|
Blou kaas en neute
|
Vinaigrette
|
Komkommer
|
Mint
|
Vinaigrette of Plain yoghurt
|
so ons almal het altyd gewonder wat is n klasieke fraanse vinaigrette nou eintlik....
in plein Afrikaans ....3 gedeeltes olyf olie 1gedeelte asyn..
Hier is my resepie... 6tl ekstra virgin olyf olie
2tl wit of rooi wyn asyn
2tl Dijon Mostert jy lan altyd Balsamic ook bysit.
sout en peper vir smaak Whisk hul saam en daarsy.
As jy graag wil weet waar ek my olyf olie vaandaan kry ek bestel myne uit die kaap uit. los n comment hier onder en ek stuur gerus die details deur van die landgoed.
Besig ,Besig!!
Nes n mens dink dit is nou tyd vir n ou skoene uit ,n lekker wyn en die rustigheid om jou met net manlief se stem so in die agtergrond na n ongelooflike lang dag....dan begin jou gedagtes alweer van voor af hol met wat alles more moet gebeur!!
Ons is so besig die laste ruk met alles wat op die plaas moet gebeur van n ongelooflike seison met die mooiste van mooi Bennies,Deltas en Du Roi wat aan die boom gehang het tot n suksesvolle hard pluk seison.Nou Begin alles weer van voor Spuitprogramme,Audits en en en en ,Maar tussen in kry ek nog steeds tyd vir boersehartsvrou.
Augustus maand het ek my eerste Oorbel reeks uitgebring en nog voor ek hom ordentlik kon share toe is hulle uit verkoop Ek wil vir elkeen dankie se!!! Dankie vir al julle ondersteuning
Dankie aan almal wat my Facebook Blad gelike het
julle is altyd welkom om vrae te vra en saam te Gesels.
Ons is hard besig om te werk aan:
Ons Klere Reeks Met Hart en Siel/Elke tree Gevleg in die stof* so hou die Grond pad dop!!
Ons hard klop in die wind sintetiese leer kop bande Gaan heel waarskeinlik voor Desember nog uitkom en sal op die Facebook blad aangekondag word. Kyk ook uit vir die nuwe John Deere handgemakte Sakke
en hout oorbelle Reeks 3!! Wat ons weer sal aankondig in Oktober!
31 May 2016
Julie uitdaging is om die draai!!!
n lekker koppie koffie ,boerre beskuit en n vinnige inskrywing vanoggend is al wat ek nodig het om die dag te begin.
Onthou Julie is om die draai dames daai uitdaging gaan nie homself wen nie onthou ons gaan dit dag vir dag vat .
Daar is geen vereistes nie en geen moets nie!!
Jy doen waarmee jy gemaklik is !!
Van 1 julie af is die blog weer gesond sonder stysel en lekker Nye behalwe naweke kan ons so bietjie weer kroek.
Ons sal hard werk daai volgende week!! die lewe is te kort om oor n naweek te warrie wat jy eet en wat jy drink hierdie uitdaging gaan oor om mekaar te motiveer en om gesonder te lewe en as jy gesond lewe sal jy begin resultate sien !!
So al is jy n mama of n 'fitness freak' of n huisvrou of n dame in die kantoor of nog op skool kom geniet Julie maand se uitdaging saam met Boersehartsvrou!
25 May 2016
1 Julie Uitdaging na n beter jy!
Almal van ons weet hoe moeilik is dit om gemotiveerd te bly om elke dag jou 100% te gee om te oefen of net n enkie te gaan stap! daar is altyd verskonings!!
Ek weet ek is een van hulle jys net reg om jou lewenstyl aantepas en bietjie aan die gesonderkant te lewe ...dan kry jy kuier mense of verjaarsdae of selfs al gaan kuier jy! n wyntjie of twee...n branewyntjie of 6 .....daar is alles in sy moer!
So ek gaan my self nou challenge vir 30 dae van beter eet tot oefening maar dames ek gaan dit nie alleen reg kry nie ek wil graag he JY wat hier nou lees moet saam my die challenge aanvaar !!
Dis hoe dit gaan werk van die 1 Julie af gaan vat ons dit dag vir dag !
Ons sal n whatsapp groep stig met almal wat graag wil deelneem!
Al wat jy nodig het is n app wat jou tree tel wat n mens maklik op jou foon kan aflaai
die app se naam is Steps of as jy al reeds so meter op jou foon het is jy uitgesorteer!
ek gaan elke dag op die groep presies se wat gedoen moet word en om seker te maak daar is ondersteuning moet iemand jou afneem terwyl jy hierdie oefening uit oefen ja jyt reg gelees!
Elke dag gaan net 20 min van jou tyd vat en as ons gaan stap gaan dit tenmenste n uur van jou tyd vat dan stap ons net gou 2.14km en dis waar jou app gaan inkom jy gaan dan sien jyt 3008 tree gegee vir daai 2.14 km !!
Jy kan dan alles deel met met die groep op whatsapp met net een kliek !
Ons sal ook vra dat jy n voor en na foto van jou self neem sodat jy op die ou einde kan sien of jy n verskil kan agter kom !
As jy hou van die idee en graag deel daarvan wil wees inbox my op facebook of los n comment!
JY HET NIKS OM TE VERLOOR NIE!! EN DIT GAAN JOU NIKS KOS NIE!!!
16 May 2016
Marie Mostert se easy cake for a working mom
Maklike vinnige Sjokelade koek vir n werkende MAMA
SIT JOU OOND AAN OP 180C
Meng die volgende tot room:
6 Eiers
1 &1/2 Koppie suiker
Voeg by
1 koppie olie
1 koppie lou water
Ons is glad nie tradisioneel nie so voeg by die droee bestandele jy sal nie dood gaan nie.
100ml cocoa
2 koppies koekmeel
2 eetlepels bakpoeier
n knippie sout
Meng dit nou alles mooi saam tot dat alles op gelos is sit een kant.
COOK en SPRAY jou oond pan of bak.
Gooi mengsel/ beslag in en si daar! die Marie Mostert CAKE FOR A WORKING MOM IS gemaak!
Bak vir 45min lank
NOU VIR DIE SOUS
Smelt suiker en ideal melk geluidelik oor lae hitte tot suiker opgelos het
1 en n kwart blikkie ideal melk en 1koppie suiker
In n ander potjie:
Gooi die res van die ideal milk in en smelt 2 gewone dairy milk slabs daar in.
(DIT KAN ENIGE SJOKELADE WEES DAIRY MILK IS MAAR DIE BESTE)
As die koek klaar gebak het gooi die ideal suiker mengesel mooi oor die koek en laat staan vir 5 min
Gooi dan die gesmelde tjokolade oor en versprei dit so bietjie en darsy skep wanner julle gereed is. jy kan ook enige iets bo oor sit in die foto het Marie Kit kat reepies op gesit maar jy kan enige iets wat jou hart begeer op sit!
GENIET ELKE HAPPIE!
10 May 2016
- Laas week het ek bietjie Tyd saam Louise Johsi Maidment spandeer. Sy en haar man het tans plaas gekoop buitekant Nylstroom en beplan om binnekort vir die publiek oop te maak en die keer is hulle hier om te bly!! Hulle het oor die jare meer as 8 winkels en 10 padstalle gehaad van Lady J tot Atta art van Hendrina ,Ohrigstad tot in Nylstroom ! Opi plaas padstal is Al daai jare se hart en liefde sweet en hoop op een veilig plek met baie liefde aan mekaar gesit een van die dae kan julle hulle kom besoek. Alles is nog in wording DIE TEETUIN VIR LIGTE HAPPIES EN N OU KOFFIETJIE OF TEETJIE ! BLERRI LEKKER CHILLI BITES EN BILTONG "Arts and CRAFTS" asook "upcycled ARTS AND crafts" ! HOU DOP WANT HIER GAAN DIE DINGE GEBEUR! Besoek ook hulle Nuwe blog opiplaaspadstalblogspot.com vir al die Nuwe gebeure en padstal in wording asook die datum wat hulle oop maak vir die publiek! Besoek my facebook blad vir fotos oor die padstal wat ek op gesit het!
02 May 2016
Komkommer Sub vir ontbyt of middag ete!!
Hierdie is nie elke een se "cup of tea "nie maar op my lysie vir ontbyt of middag ete sonder stysel is dit perfek!
Subscribe to:
Posts (Atom)